Welkom by die Six-a-Side Kriekettoernooi – Terug vir 2025! Na ‘n onvergeetlike debuut in 2024 – met 12 vurige spanne, elektriese pienkbal-aksie en ‘n skare-pompende atmosfeer – is die ikoniese Six-a-Side weer hier… en 2025 gaan alles oortref wat jy gedink het moontlik is.
Hierdie jaar brand die veld letterlik van aksie met dieselfde 12 spanne – versterk met nuwe ingevoerde talent – wat meeding in epiese veldgevegte, terwyl die vermaak langs die veld die energie regdeur die dag aan die gang hou. Of jy nou agter die glorie aanjaag, jou span ondersteun, of net die unieke atmosfeer wil inasem – hierdie is nie net ‘n kriekettoernooi nie… dis ‘n fees van sport, trots en gemeenskap.
Raak deel van die aksie en beleef die hartklop van Hoërskool Durbanville se kriekettrots – soos jy dit nog nooit gesien het nie.
Spanne:
Die spanne sal gelyk opgedeel wees met 3 juniorspelers (o/14 en o/15) en 3 seniorspelers (o/19) wat vir jou ‘n totaal gee van 6 per span. Dit beteken dat 72 krieketseuns neem deel. Elke span sal ‘n kaptein hê, minstens 1 o/19A speler en ‘n geallokeerde paaltjiewagter.
Boulbeurt:
Kolfbeurt:
Veldwerk:
Na die afloop van die Finaal sal daar pryse uitgedeel word vir die volgende afdelings:
Beste Kolwer | Beste Bouler | Beker Wenners | Skild Wenners | Plaat Wenners